Alkoholbedwelming

Alkoholbedwelming, ook bekend in oordosis as alkoholvergiftiging, wat algemeen beskryf word as dronkenskap of intoksikasie,[1] is die gedrag en fisiese effekte wat veroorsaak word deur 'n onlangse verbruik van alkohol.[2] Benewens die toksisiteit van etanol, die hoof psigo-aktiewe komponent van alkoholiese drank, kan ander fisiologiese simptome voortspruit uit die aktiwiteit van asetaldehied, 'n metaboliet van alkohol. Hierdie effekte mag eers ure na inname ontstaan en kan bydra tot die toestand wat in die volksmond bekend staan as 'n babelaas. Die term dronkenskap word algemeen gebruik wanneer groot hoeveelhede alkohol saam met fisiese simptome en nadelige gesondheidseffekte verbruik word.

Simptome van dronkenskap by laer dosisse kan ligte sedasie en swak koördinasie insluit.[3] By hoër dosisse kan daar onduidelike (sluimerige) spraak, probleme om te loop en braking wees.[3] Uiterste dosisse kan respiratoriese depressie, koma of dood tot gevolg hê.[3] Komplikasies kan aanvalle, longontsteking, lae bloedsuiker en beserings of selfskade soos selfmoord insluit.[3][4] Alkoholbedwelming kan lei tot alkoholverwante misdaad met oortreders wat meer geneig is om dronk te wees as slagoffers.

Alkoholbedwelming begin gewoonlik na twee of meer alkoholiese drankies.[5] Alkohol het die potensiaal vir misbruik. Sosiale situasies waar swaar drinkery algemeen voorkom en persone met 'n impulsiewe persoonlikhede is die grootste risikofaktore vir misbruik.[5] Diagnose word gewoonlik gebaseer op die geskiedenis van gebeure en fisiese ondersoek. Verifikasie van gebeure deur getuies kan nuttig wees.[6] Wetlik word alkoholvergiftiging dikwels gedefinieer as 'n bloedalkoholkonsentrasie (BAK) van meer as 5,4–17,4 mmol/L (25–80 mg/dL of 0,025–0,080%).[7] Dit kan deur bloed- of asemtoetsing gemeet word.[5] Alkohol word in die menslike liggaam afgebreek teen 'n tempo van ongeveer 3,3 mmol/L (15 mg/dL) per uur,[6] afhangende van 'n individu se metaboliese tempo ( metabolisme).[8] Die DSM-5 definieer alkoholvergiftiging as ten minste een van die volgende simptome wat ontwikkel het tydens of naby na alkohol-inname: onduidelike spraak, gebrekkige koördinasie, onstabiele loop/beweging, nistagmus (onbeheerde oogbeweging), aandag of geheue inkorting, of byna bewusteloosheid of koma.

Bestuur van alkoholvergiftiging behels ondersteunende sorg. Tipies sluit dit in om die persoon in die herstelposisie te plaas, die persoon warm te hou en seker te maak dat asemhaling voldoende is.[4] Daar is nie gevind dat maagspoeling en geaktiveerde houtskool nuttig is nie.[6]

Akute dronkenskap is deur die geskiedenis gedokumenteer, en alkohol bly een van die wêreld se mees wydverspreide ontspanningsdwelms. Sommige godsdienstige strominge beskou alkoholvergiftiging as 'n sonde.[5]

  1. "Meaning of inebriation in English". dictionary.cambridge.org Cambridge University Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2021. Besoek op 24 Junie 2021.
  2. "Acute intoxication". WHO. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2004. Besoek op 24 Mei 2018.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 "Alcohol Toxicity and Withdrawal". Merck Manuals Professional Edition. Besoek op 24 Mei 2018.
  4. 4,0 4,1 "Alcohol poisoning". nhs.uk. 17 Oktober 2017. Besoek op 24 Mei 2018. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; name "NHS2018" defined multiple times with different content
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (5th ed.), Arlington: American Psychiatric Publishing, 2013, pp. 497–499, ISBN 978-0890425558, https://archive.org/details/diagnosticstatis0005unse/page/497  Verwysingfout: Invalid <ref> tag; name "DSM5" defined multiple times with different content
  6. 6,0 6,1 6,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Jun2014
  7. {{cite journal}}: Leë aanhaling (hulp)
  8. "Alcohol Alert". pubs.niaaa.nih.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2021. Besoek op 24 Junie 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search